Saturday 9 June 2012

Naweek projek

Ek is besig om my hobby kamer bietjie reg te pak, als uit te sorteer, orde te skep. Ek wou voor die val al die vertrek oor gedoen het, maar ja,  die tyd is nie aldag daar nie. So op die stadium hou ek my maar besig met uitsorteer ens. So gebeur dit toe dat ek op lang vergete bolle wolle afkom - kan een mens soveel wol he?????? Ek besluit toe dat ek so gou moontlik die wol sal moet begin opgebruik. Dit is nie van die beste gehalte wol nie, baie van dit is gekoop net toe ek begin leer hekel het en is sommer by n supermark gekoop. Maar nie te min dis wol en dit moet iets mee gemaak word, so hierdie naweek het ek die grys en die pienk gekies as die gelukkige bolle om in iets bruikbaars omskep te word. Ek het ook op n motief besluit wat ek so 6jaar gelede vir die eerste keer gesien het, en nou sit ek in die wintersonnetjie en hekel. Ek weet nog nie presies wat die einddoel van die seshoekies gaan wees nie, maar ons sal maar sien......

Baie mooi geseende (koue) naweek.
xxxx

No comments:

Post a Comment