Thursday 1 March 2012

Vinnige Tah-dah!

Ek het darm klaar gekry met die blokkies kussing. So hier is n vinnige paar fototjies. Sal hom later mooi laat model speel. O,ja, ek het besluit om vir hom nie n randjie te hekel nie, ek hou van hom net so......










Ek het die nuwe uitgawe van Simply Knitting gekoop, soveel mooi goed in, en die oulikste bylaag met winter breiprojekte. Ek het toe sommer dadelik die naalde en wolle uitgekry en met n patroon vir vingerlose kabelhandskoene vir my begin. Die wol is so sag en skakerings van blou, grys en bruin, regtig baie mooi. Weet die winter is nog nie in sig nie, maar aangesien dit vandag tegnies gesproke die eerste dag van herfs is, dink ek dit is heel gepas om myself met n nuwe projek op die naalde te bederf!!
n Vreugdevolle dag vol seen vir almal.

3 comments: