Friday 22 June 2012

Naweek projek : verlustig my in nuwe hekel boeke

Ek het die afgelope 2 maande n paar boeke vir my bestel en dit was veronderstel om min of meer elke keer 2 weke na mekaar te arriveer - maar weens staking by die poskantoor het geen boeke by by uitgekom nie..........
Maar toe ek vandag die posbus oopmaak, oe, yippy, suprize, suprize, al my langverwagte boeke het nou op een slag opgedaag!!!


Party pakkies lyk maar erg gekreukel, maar nou ja, ten minste het dit by my uitgekom.  Wil jul sien wat is binne......


Feast your eyes meisies!!!!
Is dit darm maar nie net heeltemal te veel hekel-yummy-geit op een slag nie!!!!!!
Daar is darm so bietjie balans met die vintage caravan magazine ( my nuutste liefde)
Ek sal volgende keer bietjie meer oor elke boek gesels en al die mooi goed deel wat daarin is, maar vir eers gaan ek groet - glo jul sal verstaan dat ek nou nie meer kan wag om hulle deur te kyk nie!!!

Ok meskien net so vinnige naby foto van Nicki Trench se nuwe Cute and Easy boek "Cute and Easy Crochet Baby Clothes"



Lieflike (lyk my na n koue) naweek vir almal.
xxxx

2 comments:

  1. Hai Charlien! Hoe gaan dit daar? Is jou rug Daren nou beter? Dai Nicki Trench boek het my nou baie opgewonde! Stuur my jou review as jy kans kry.
    Mooi Bly,
    Celeste x

    ReplyDelete
  2. Hi Celeste
    Dankie ja, die rug is beter. Ek is regtig baie beindruk met die nuwe cute and easy crochet, sal een of ander tyd bietjie fotos van dit opsit.
    mooi dag

    ReplyDelete