Monday 12 March 2012

"up-date" op naweek-projek

More, more al julle pragtige mensies. Sjoe is die naweek klaar weer verby? Ek het darm gevorder met S se kabeltrui. Ongelukkig nie klaar gekry nie, nie dat ek gedink het ek sal nie, want kyk ek moes so mooi kophou met al daardie gedraaide kabel! Maar ek is darm oor die hond se stert sou ek se. Die agterpant is klaar en die voorpant begin ek nou met die uithol van die mousgate. Loer bietjie.....


Kyk net hoe mooi lyk al die kabels wat so in alle rigtings draai en swaai.




Ek is ook besonder in my skik met die wol se kleur, die skakerings van grys is vir my baie mooi en die kabels raak nie "weg" nie, soms is die kleure so oorweldigend dat die impak van die kabels heeltemal oorheers word.

Nog so een fototjie..



Goed so nou weet jul wat is op my "to-do" lysie vir die res van die week! Moet die trui klaar brei. En as hy klaar is?.....mmm jul ken my alte goed, ekt al klaar n ander patroon en wol wat vir my le en wag!!!

Ek het die wol vir C gekoop en beplan om die patroontjie uit "Little Crochet" uit vir haar te hekel



Mooi ne. Ekt op n vorige inskrywing die boek Little Crochet met jul gedeel, gaan kyk gerus na die ander foto's van die oulike truitjie.
Baie mooi geseende dag vir almal verder en hou die wolle en hekelnaald naby!!!!
xxxx




4 comments:

  1. Hi Charlien! Dankie vir jou boodskap, jou blog is baie oulik! Verskoon asb my Afrikaans, ek kry deesdae maar min kans om dit te gebruik.
    Celeste x

    ReplyDelete
  2. Hi Celeste, jou Afrikaans is uitstekend! Ek het gedink jys engels!! Is jy oorspronklik van Suid Afrika

    ReplyDelete
  3. Eks n Kapenaar! Maar woon nou al agt jaar in Londen, manlief hier ontmoet en ook n familie begin.

    ReplyDelete
  4. Kna jy nou glo! Nou ja, ek hoop jy geniet my blog hier uit sonnige Afrika en gaan verseker op hoogte bly met jou mooi blog daar uit die vreemde. p.s net jaloers op al die wol, hekel en brei tydskrifte en wolwinkels wat jul oorsee het, soos jy weet is dit maar skaars gesaai hier by ons. Mooi dag.

    ReplyDelete