Friday 9 March 2012

Naweek-projek

My naweek-projek het eintlik verlede naweek al begin. Ek het verlede saterdag die steke vir S se kabeltrui opgesit en n ry of twee begin brei, verder as dit het ek nie gekom nie, die week was bietjie baie besig. So ek het besluit om hierdie naweek aan die trui te brei, dink nie ek gaan hom nastenby in n naweek klaar kry nie, maar die feit dat ek die naweek tyd aan hom gaan spandeer kan my n goeie
"voorsprong" gee. Maar kom dan wys ek jul eers hoe die trui en die wol lyk waarnee ek werk.


Kyk net hoe snoesig warm lyk die kabels.



Nou ja, vanmiddag het ek kansie gehad om nog so bietjie te brei. Kyk net hoe mooi is nie kleurskakerings in hierdie wol.



Ek dink vir eers is dit genoeg om jul nuskierigheid te bevredigs, so laat ek eers groet en aan die werk spring.
n Heerlike naweek wens ek jul toe.
xx



2 comments:

  1. hi charlien, great sweater (wish i could knit) can't wait to see it when you are done...
    i am stopping by to let you know that i am honoring you and your blog with the Liebster Award. check out my blog (http://lovethebluebird.blogspot.com/2012/03/liebster-award.html) to learn more about it...
    happy saturday :o)
    laura

    ReplyDelete
  2. Wow Laura, thank you soooo much, it means a lot to me. Your blog is such a inspiration to me. Have a lovely day full of crochet happyness.
    xxxx

    ReplyDelete