Monday 5 March 2012

Handskoene Tah-Dah

Ek het saterdag my ander vingerlose kabelhandskoen klaar gemaak. Maar laat ek eers wys waar het dit als begin...


Ek het hierdie halwe bolletjie wol oorgehad van n oortruitjie wat ek so 2 jaar gelede vir S gebrei het. Die blou en bruin skakerings pas so mooi by my wintersklere - soos denims, baadjies, bruin stewels ens dat ek toe besluit het om dit te gebruik vir die mooi patroon wat ek in die nuwe Simply Knitting gesien het.





Sommer vinnig-vinnig was die 1ste handskoen klaar. Die patroon brei regtig baie vinnig.


Pas sommer perfek!!!!



Ek kon nie wag om met die 2de een te begin nie, hierdie wol brei verskriklik lekker, kan nie die naam onthou nie, maar dit is n wol van "elle".



So hier is die tweetjies nou klaar en reg vir wanneer di winter sy kop begin uitsteek - moet se op die stadium kan ek nie daarvoor wag nie, want dit is baie warm by ons!


So ja, hier is die tah-dah dan nou. Mooi ne. Defnitief die moeite werd gewees om tyd te spandeer om hulle te brei.

Nou ja, wat is volgende vra jul........ wel ek het al klaar met die volgende projek begin!!!!! Het vrydag by hobby-x mooi wol vir die kids gekoop, so dit is al klaar op die naalde.  Sal binnekort wys wat dit is. Baie mooi geseende dag vir almal.
xxxx

2 comments:

  1. Dit is baie mooi! Waar kan ek die patroon kry?

    ReplyDelete
  2. Hi Sharlene. Die patroon kom uit n bylaag boekie wat saam met die Simply Knitting tydskrif (Februarie 2012) uitgawe was.

    ReplyDelete