Saturday, 1 September 2012

Lente !!!!

Hoop almal het n pragtige lente dag gehad. Ek het my dag geniet deur myself met die nuwe Simply Knitting te bederf..... sal vir jul nog foto wys van die nice hekelnaald wat saam met die uitgawe gekom het.
Aangesien dit lente is, laat ek my mooi blokkie wys wat ek rukkie gelede gehekel het



Ek het die patroon op die internet gekry en hul noem hom - Crocodile Stitch Afghan Block : Croco-Dahlia.

Ek moet nog besluit wat ek met hom gaan maak, ek het net 1 gemaak.....
Baie mooi geseende dag verder en lekker hekel.
xxxx

Sunday, 12 August 2012

Handsakke vir die Woekertafel

Ons kerk het n woekertafel - dit behels dat daar vir jou R50 vir jou gegee word waarmee jy moet woeker. Ek het wol gekoop waarmee ek handsakke hekel wat ek dan by die woekertafel gaan verkoop. Hierdie een moet nog vasgewerk word....



Ek is al verder met die een, hy moet nog net handvatsels en n voering kry




Die patroon is van RedHeart en is oorspronklik vir n kombers met die naam pockey-dots-throw gebruik, maar toe sien ek op  Karin se blog hoe sy die blokkie vir n kussing gebruik het en toe besluit ek dit is net die regte blokkie vir die handsakke wat ek wil hekel.
Stuur gerus foto's van artikels wat jul met die blokkie gaan maak.
Geseende week vir almal.
xxxx

n Bietjie terugvoer

Goeiedag aan ieder een. Sjoe ons kry koud hoor, ons is nie gewoond aan sulke koue weer nie, so ons vat dit nie goed nie (ha-ha). My vingers is yskoud hier waar ek sit en tik, maar nie te min ek gaan jul gou so bietjie op hoogte bring met van my projekte

Eerstens is dit Coco - Sjoe lang overdue foto - maar hier is hy. My dogtertjie het haar al op gespeel


Ek kon nie blou kat ogies in die hande kry nie, so Coco moet maar tevrede wees met bruin ogies....

Tweedens is die granny squares wat ek hekel soos ek n tydjie in die aand kry
So lyk hy nou



Met die dat dit so koud is sit ons nie in die aande en tv kyk nie (en dis mos eintlik die kombers se hekeltydjie) ons gaan klim eerder in die warm bed, so die kombers word afgeskeep.

Kom ek beweeg aan.....
Volgende op die lys is die blaarstroke uit Molie Makes (wat ek n baie swak beligte foto van opgesit het - jammer) Ek is klaar met hulle


Ek gaan hul later gebruik vir n geskenk wat ek in gedagte het vir n vriendins, so kan nog nie nou met jul my idee deel nie (ha-ha)

Laastens n vinnige loer na my granny ripple


En dit is genoeg catch-up vir een dag dink ek.
Baie geseende en rustige dag verder.

Monday, 6 August 2012

Granny Ripple

Hierdie naweek het ek nie so baie tyd aan my kombers spandeer soos wat ek graag sou wou nie, maar hy is darm 2 rye verder......




Die nuwe kleurvolgorde waarmee ek begin het (ja ek het die kombers weer van voor af begin, want die kleure het nie vir my reg gevloei nie) , werk nou beter vir my.




Die zig-zag patroon is nou vir my duideliker sigbaar.
Eks nog bietjie besig om hier en daar goedjies reg te skuif en plekkie te kry ( het 2weke gelede getrek,vir die wat dit gemis het)  Maar ons is soooooo gelukkig in die nuwe huis, dis nou voorwaar n seen.  Ons het n heerlike groot stoep wat lekker sonnig is, ek spandeer meeste van my "vryetyd" daar. So heerlik , salig. Ek dink juis dis tyd vir n koppie teetjie op die stoep, so laat ek my wolle kry en die sonnetjie gaan opsoek.
Lieflike geseende dag
xxxx

Wednesday, 1 August 2012

Long time no see....

Sjoe , wat n bedrywige tydjie was dit nie. So jammer ek het nie so gereeld ingeloer en met jul my daaglikse dingetjies gedeel nie. Ons het pas na n nuwe huis verhuis - en ja, need I say more - . Soos jul kan dink was ek so besig met inpak en toe die aanry en weer die uitpak en elke dingetjie op sy plek kry, dat ek net nie by blogland kon uitkom nie.
Ek het darm gesorg dat ek tydjies maak vir n stukkie hekelwerkie. Ek het die pers neckruffle klaar gemaak vir n vriendin en toe vir my ook een gehekel. Eks nog besig om aan die groen granny Squares te hekel ( maar dit is n "voor die tv in die aand" projek en vorder stadig, want ekt deesdae nie tyd vir tv kyk nie) .

Ek het ook die lieflike blaar patroon in Mollie Makes uit probeer en geniet dit om die blare te hekel
(skuurs foto is in die aand geneem, so hys nie mooi duidelik nie, sal binnekort n duideliker 1 opsit)





Gister het ek begin met n granny ripple, sal nog foto's neem en vir jul more wys.
Nou ja, dit was nou net n vinnige halo, net om so bietjie op hoogte van sake te kom, maar more gesels ek verder en sal dan ook nog foto's en allerhande lekker hekelgoodies met julle deel.
xxxx

Tuesday, 3 July 2012

Free pattern - Red Aqua slippers

Hier is die patroon van die Red Aqua slippertjies , ekt hom in engels geskryf ( dis vir my net makliker in engels )

Round 1 : Chain 4 stitches (count as first treble)
                 Make 1 treble in first chain made
                 Make 6 more treble in same space ( 8 trebles )
                 Slip stitch in top of third chain

Round 2 : Chain 3, 1 treble in same place as 3 chains made, 2 trebles in each stitch to end ( 16 trebles
                 Slip stitch in top of third chain

Round 3 : Chain 3, 1 treble in same place as 3 chains made,2 trebles in each stitch to end (32  trebles)
                 Slip stitch in top of third chain

Round 4 : Chain 3, treble in next stitch and every treble to the end of the round. Rep til you have                       made 7 more rounds (10 rounds in total)

Round 5 :  Chain 3, 1 treble in each of next 24 stitches, turn and work on these 24 stitches                                  turning your work at end of each row.
                  The lenght of your foot will determine how many rows you work , I have worked 10 rows

Stitch close the heel.
Slip stitch or treble in each stitch around one side of slipper - when yu get to the front part, slipstitch 3 stitches together in the corner, slipstitch across front of slipper, in next corner again slipstitch 3 stitches together, slipstitch around other side of slipper.

Nou kan jy dit mooi versier met blommetjies / knope / linte ens of selfs n koord deur ryg......

Hoop jul kom reg met my aanwysings, ek sal probeer om n tydjie te maak om fotos te neem wat saam met die aanwysings gaan - dit maak dit net makliker as jy kan sien wat jy moet doen.... stuur gerus n foto van jul slippertjies
xxxx

Red Aqua

My nuwe gunsteling kleur kombinasie is rooi en aqua. Ek was nog altyd mal oor rooi, en oor blou ook, maar aqua is n nuwe een vir my.






Ek kan nie genoeg van die twee kleure kry nie, en daarom toe die geleentheid homself vandag voordoen om vir n uurtjie te hekel, toe is dit net van self sprekend dat ek die twee kleure gekies het. Nou wat het ek gehekel? Wel aangesien dit winter is en ek ook net 45 skamele minute tot my beskikking gehad het, het ek op slippertjies besluit...





Kyk net na die oulike vintage knopies - rooi en aqau kleure in - wat ek n rukkie gelede al gekoop het.
Perfekte pasmaats




Met die oorskiet wolletjies het ek sommer klein baba slippertjies ook gehekel....




Ek het darm nie heeltemal red-aqua mal geword nie..ha-ha... kom ek wys gou waarmee ek nou besig is.
Dis nog n nek ruffle, maar in n baie mooi pers - grape - kleur




Nou ja, ek het so pas die nuwe Mollie Makes gekoop, so ek gaan nou n lekker koppie tee maak en rustig boek deurkyk.
Lieflike sonskyn dag vir almal.

p.s die slippertjies is my eie weergawe van al die honderde patrone op die internet van hierdie tipe slippertjie, so ek sal later die patroon vir jul opsit.