Thursday 31 May 2012

Lank lank gelede.....

Sjoe dit voel soos maande laas wat ek gesels het!!! Maar laat ek nou eers vertel hoekom daar so lanklaas naweek-projekte of enige ander hekel geselsies was. Wel ek het so ietwat van n ongeluk gehad, sien ek was besig om my klerekas reg te pak en toe val ek reg agteroor van die stoel af (mmmm bunjee jumping uit die kas uit werk nie!!! ha-ha) Met die landingslag val ek toe met my rug teen my bed se hout pilare, en ja, daar is die ribbebeentjie toe nou af. So my afwesigheid was die eindproduk van die val. Maar ek is baie dankbaar om te raporteer dat ek nou weer aan die gang is, en nie meer seer het nie, sjoe Vader het my regtig beskerm, ek kon soveel seerder gekry het...
Maar nou terug na die hekelwerkies. Ek kon nou wel nie die eerste paar dae na die val veel doen nie, maar het paar dae later begin "ontrekkingsimptome" begin kry a.g.v n terkort aan wol en naald, ha-ha. So kom ons kyk watse fototjies ek het om vir jul te wys


Hier sit ek, nadat ek weer begin bestuur het na die val, by die kwekery/pettingzoo. Terwyl die kiddies op die klimrame gespeel het, het ek so bietjie met die wolle gespeel. Ek het egg cozies gemaak, idee uit cute and easy crochet gekry, maar het die patroon bietjie aangepas, want dit pas nie oor ons groot plaaslike organiese eiers nie. Maar nie te min, dit het mooi uitgekom na ek aanpassings gemaak het en n oulike picot edge aan die onderkant aangehekel het.


Volgende het ek blokkies wat ek heel onverwags op afgekom het terwyl ek n mandjie skoongemaak het om ander hekelwerk in te pak, gekry. Ek het seker 7jaar gelede die blokkies gehekel - ek kan nie onthou hoekom en waarom nie-, maar toe ek hul nou sien toe weet ek dadelik waarvoor ek hul nou gaan gebruik! Ek het hul aanmekaar gehekel....


en n gewone blokkie gehekel vir die agterkant en n tipe van n sakkie/pouch gemaak....


Dit gaan sommer nou gebruik word om n cd in te glip totdat ek kans kry om hom weer in sy kassie te sit. Ek geniet musiek en ruil voortdurend die cd's wat ek in my motor luister, maar die ding is ek los nie die kassies in my motor nie, ek vat net die cd uit motot toe, so met die gevolg as ek die cd uit die cd-speler haal het ek nie die kassie byderhand om hom in te sit nie. So nou gaan ek die gehekelde sakkie permanent in my motor los, so as ek n cd uithaal kan ek hom maklik in die sakkie glip vir veilige bewaring totdat ek hom kan bere. Kyk nou net hoe handig kom die 9 klein ouma blokkies te pas vandag....


Dit was nou sommer n hele mondvol, so ek gaan nou eers afsluit met hierdie "post", want ek het nou n lekker koppie rooibostee nodig.
xxx

No comments:

Post a Comment