Tuesday 6 March 2012

The best way to start my day

Goeie more aan al jul pragtige mense! So heerlike sonskyndag vandag! Ek het toe besluit om sommer bietjie buite onder die boom te gaan sit. Dit is wat ek toe saam gevat het.......

Nommer 1 is my Joyce Meyer Amplified bybel




En nommer 2 is n lekker rooibos teetjie met hartjie skons wat ek gebak het.


Nou ja lyk dit nie na n heerlike manier om die dag te begin nie? Die beste sou ek se.  n Baie mooi dag vol vreugde en kreatiewe denke vir almal.

p.s laat ek gou net eers wys wat ek gister mee besig was - moet darm so bietjie hekel ook inkry vir die dag ne!!!!

Ek het so 2 jaar gelede vir C n kabel oortrui gebrei en die wol het toe oorgebly, so aangesien die trui nog pas het ek besluit om n beanie vir haar te hekel, dan het sy n "nuwe" stel vir die winter.







Die patroon wat ek gebruik kom uit die nuwe Crochet Today





Behoort vandag met hom klaar te maak, aangesien die kids nie vandag enige buitemuurs het nie, so ons hoef nie vanmiddag op en af te ry nie - dit beteken ekstra hekelminuut of twee vir mamma!!!
xxxx





No comments:

Post a Comment