Ek het myself verlede week bederf met n hele mandjie vol nuwe elle gold wolle! Kyk net die mooi kleure. Ek het so baie dinge wat ek met dit wil hekel. Ek gaan defnitief die "Noag en die ark" kombers maak vir my seuntjie - dreig al vir meer as n jaar om die kombers te hekel - en ja, my ou blou oog sal sooooo daarvan hou. Hy het die oulikste Noag liedjie by die skool geleer en loop heeldag dit en sing. En dan - ha-ha daar is altyd n EN of n Maar! Ek het n mooi ronde blomkussing in n Crochet Today tydskrif gesien wat ek wil hekel. In blog land is daar al soortgelyke kussings en ek hou veral van Lucy se weergawe van die kussing< sy het so n goeie aanvoeling van kleure. Nou ja, ek beter ophou klets en begin hekel! Geseende daggie vir almal.
Last week I spoilt myself with a whole basket full of lovely wool!! I have so many things I want to make with this lovely lot. Well one thing I'm surely going to make is the "Noah's Ark" blanket that I have been wanting to make for such a long time! I'm going to make it for my little blue eye boy. But, ha-ha, there's always a but! First I want to try my hook at the lovely flower cushion I saw in Crochet today. I also saw a very similar cushion on Lucy's blog,and I'm surely going to give it a go! I just love her colour combinations!! I will keep you updated!! a Lovely blessed day for each and everyone.
No comments:
Post a Comment