Tuesday, 28 July 2015

Vergete blokkies

Ek het verlede week op blokkies afgekom wat Ek nie eers kon onthou wanneer en waarvoor Ek dit gehekel het nie



Ek besluit toe maar om maar nog n Rondte of 2 te hekel


Dit Val my toe by Ek het so 2 jaar gelede handsakke gehekel en dat die blokkies eintlik vir n handsak bedoel was en daarom dat hul ook nie baie groot is nie. 


Verdere bepeinsing oor die blokkies laat my toe besluit om dit heelwat grooter te hekel en n kombers van dit te maak.  Om komberse te hekel bly steeds een van my lekkerste hekelprojekte. 


Ek het sommer so sonder om n patroon te gebruik my eie kreatiewe breinkrag ingespan en my eie blokkie ontwerp. 


Die kombers het elke dag grooter gegroei en ek baie tevrede met hoe hy vorder 


Die voorstel van n kombers hekel, is dat later hou Hy jou sommer warm ook 😀


En hier is hy. Nog nie klaar vir n regte ta-da oomblik nie, maar Ek kon nie wag om dit te deel nie. 
Nou Moet Ek nog net n randjie omhekel en Dan is Hy gereed om die koue wat aan die kom is te verdryf. 
Hy pas perfek op n enkelbed. 
Blessings

Monday, 20 July 2015

Soveel projekte...

Hier is waarmee ek myself die afgelope tyd besig gehou het


ñ "Cowl" vir blue eye boy 


...ñ patroon getoets brei vir ñ oorsese ontwerper...


....nog handskoene vir die liefdevolle hande projek....


...en nog (baie) handskoene.....


...ek het jonge dame se T-shirt yarn mat klaargemaak....


...nog ñ cowl...


...ñ kombers vir die jonge dame....


...ñ projek wat ek losgetrek het, se wolle opgerol en weer met ñ ander projek begin...die keer ñ warmwater sak se oortreksel....


....nog ñ kombers ( ek is versot daarop om komberse te maak). Oor die een sal ek later bietjie meer vertel....


...en nou is ek besig om die finale rondtes van hierdie kombers te hekel... 


Nog paar ander goed ook wat wk nog nie van foto's geneem het nie. 
Intussen het ek Instagram ontdek en heeltemal verslaaf daaraan geraak, dit is ook vir my ñ beter "fit", ek het verlief daarmee geneem dat ek nie blogger materiaal is nie, maar floreer op Instagram. Soos hulle sê, "found my sweet spot", maar ek sal nie opgee met blogger nie, maar moet maar nie te veel verwag nie :) :) 

Blessings 

Friday, 19 June 2015

Free quick Mitten pattern

Hierdie jaar is die winter vir my verseker kouer as die vorige jaar. My hande en neus se punt is yskoud... ha-ha...

Die gevolg was dat ek gou-gou vir my handskoene moes maak wat warm genoeg is, maar wat ek nogsteeds dinge mee kan doen. 

Die antwoord "fingerless mittens"


Ek het nie n patroon gehad vir dit nie, maar wel n idee in my kop gehad. 

Dit is hoe my idee uitgedraai het....


Hier is my vinnige "winter-raakvatters" patroon :

Winter-raakvatters

6mm naalde
chunky wol / katoen

Stel 25 steke op. 
Brei al die steke Regs / plain tot aan die einde van die ry. 
Brei al die rye Regs/ plain totdat daar 18 riffeltjies is. 
Heg af. 

Vou die blokkie in die helfte en begin vaswerk. (Omtrent so 10cm - maar meet volgens jou hand en bepaal die posisie van jou duim. 
Slaan +/-  6 steke oor en begin dan die res van die naat toewerk. 

En daar het jy jou vinnige winter-raakvatters!!!! 
Ek beplan om my nog bietjie op te jazz deur dit te versier / op dit te borduur...

Nou moet ek net nog n oplossing vir due koue neus kry.... 

Tuesday, 9 June 2015

Pure Joy

Ek het vir my Maaike Van Koert - skrywer van die blog Crejjtion - se boek bestel. En vandag toe wag hy vir my in die pos!! Nodeloos om te se ek was sommer uit my vel uit!!!!



Die foto is sommer so langs die krieketveld geneem - ek het oppad na die skooltoe by die poskantoor gestop, so kon nie wag tot by die huis om die pakkie oop te maak nie en het sommer so al sittende op die paviljoen foto's geneem en vir almal wat wou sien en dalk nie eers wou sien nie, foto's gestuur!!! 


Die boek was so mooi verpak en toegedraai ek wou hom amper nie eers oopmaak nie! Maar het toe baie versigtig hom oopgemaak. Mooiste patrone in. 
En ja , ek het natuurlik sommer dadelik ietsie uit die boek uit gehekel toe ek by die huis kom.

Kyk net hoe mooi.
Het Moya-Yarn gebruik om die artikel te maak. 

Heerlike hekeldrome vir almal.
Blessings. 


Monday, 1 June 2015

Ontspan...Relaxing

Na n besige oggend is dit tyd om nou eers bietjie op die stoep te sit en rus. het met n breipatroon begin - regtig lank laas gebrei, so geniet dit sommer baie 



Dit is n patroontjie wat ek op pinterest raakgeloop het van Littleturtleknits met die naam "Swing Thing". Ek brei hom vir my dogter ( wat ouer is as 4...) die patroon is net tot en met 4 jarige ouderdom, maar ek gebruik 2 DK stringe wol en dikker naalde, so bietjie aan die steke / patroon ook aangepas sodat dit vir haar sal pas. 
xx

Tuesday, 12 May 2015

Rustyd

Ek is so in my skik met my " skat" wat Ek gekry het!!!!! Wel vir my is dit soos n skat.... Wol

Ja wol , wol en nogmaals wol!!!! Hoe Dan anders 😀

Ek het hierdie 100% wol in n Klein baie ou winkeltjie met n vriendelike winkelier raak geloop....

Kyk net hier ....


Dit is eintlik tapeserie wol , maar Moet Se nie so hard/grof as wat Ek Gedink het nie. Maar Kyk al die Mooi kleure!!!!! Wat vat jy en wat los jy!!!! 

Nou is ek tuis en my brein werk oortyd hoor, soveel moontlikhede....


Met al die energie wat gebruik word het Ek defnitief n koppie rooibostee en n soetdingetjie nodig...


Blessing
Xxx

Thursday, 16 April 2015

Victorian Lace Latice Square

Ek het hierdie stunning patroon op Ravelry gesien en besluit om dit te probeer....



Baie vinnig het daar nog een bygekom....


En nou is dit seker maar offisieel my volgende kombers inwording..😀