Thursday, 16 April 2015

Victorian Lace Latice Square

Ek het hierdie stunning patroon op Ravelry gesien en besluit om dit te probeer....



Baie vinnig het daar nog een bygekom....


En nou is dit seker maar offisieel my volgende kombers inwording..😀

Saturday, 11 April 2015

A Week of creativity...

Hierdie week het ek...

Nog jassies vir klippe gehekel


Die groen een het so mooi uitgekom...


My grys Tjalie klaar gehekel...


Met die oorskiet Moya yarn van die Mandala het Ek motiewe begin hekel, weet nog nie wat gaan die eindproduk wees nie.....

Ek het bietjie geverf, dit het n nuwe liefde vir waterverf tot gevolg gehad. Moet nog die buitelyne en detail verf. Dit is so ontspannend...

Met n nuwe t-shirt yarn mat begin...


Wat n heerlike kreatiewe week so tussendeur die huishouding, werk en skoolvakansie. 

Blessings 
Xx

Saturday, 4 April 2015

"Skinny Scarf"

Ek het verlede week met hierdie motief begin


Dit het met 6 hoekies begin wat Ek aan mekaar gehekel het...

...n patroontjie wat ek al voorheen gehekel het, maar nog nie vir n serpie gebruik het nie.

So hier is die eindproduk...

Tuesday, 31 March 2015

Totsiens Mandala

Ek dink dis hier waar My en die Mandala Se padjie eindig. 
Ek Sal forever and a day aangaan met " net nog n rondte, net nog n rondte..."  
So Ek moet nou stop 😄
Hierdie gaan my laaste rondte wees ( regtig) Dan gaan Ek n randjie hekel. 




Maar dit was nie te min Baie joy gewees 


Monday, 30 March 2015

Mandala

Ek is versot verby op my mandala wat ek  besig is om te hekel.
Ek het nie n patroon nie, hekel hom sommer uit my kop uit. Dit is die lekker van mandala's



Ek probeer wel n diagram optrek soos ek vorder...


As mens eers begin....

Dan is dit Baie moeilik om op te hou...

Net nog n rondte en nog n rondte....


Waar gaan hy eindig? ... Ek weet nie, net nog n rondte Dan Sal Ek sien....

Sunday, 29 March 2015

Amper vakansie...!!!!

Met die skole wat vandag sluit is daar sommer n opgewondenheid in die lug. 

Dit is n pragtige oggend hier op my stoep en ons waardeer die koel luggie vanoggend. Dit raak maar warm hier, so die tyd van die jaar is die weer vir my heerlik. 




Ek is besig om vraestelle te merk van my Bybelskool studente. Ek wil als afgehandel kry voor Ons vrydag met vakansie gaan. 
Nog Baie voorbereidings en inpak wat nog gedoen moet word, maar d opgewondenheid loop hoog om vir n week lank Wes Kaap toe te gaan.
Ek beplan net rus, rus en nogmaals rus en Dan natuurlik hope hekeltydjies....😊

Vroeg oggend op die strand

Dis n heerlike oggend op Langebaan Se strand...



Om strand langs te stap en skulpies op te tel Bly n hoogtepunt