Sunday, 23 October 2011

Heerlike bederf

Die afgelope week het ek sommer 2 keer n lekker bederf gekry. Eerstens het d nuwe Molly makes uitgekom! Jippie! Kon nie wag nie, brand al om die sappige wortels en ertjies op die voorbeeld te hekel nie. En dan het die nuwe hekelboek wat ek bestel het ook gekom. Sjoe en is daar nou nie n magdom patrone in nie, ek gaan nie weet met watter een om te begin nie!



Die naweek het ek vir die eerste keer n ronde gebreide lappie probeer. Vier naalde is nodig hiervoor en dit het maar mooi kophou geverg. Ek het al in die verlede kuise met 5 naalde gebrei, maar die ronde lappie was n heel nuwe uitdaging.
Ons het n heel rustige naweek op die plaas gehad. Die kiddies het geleentheid gehad om die dag oue kalfies te vryf.




En ekt foto's geneem van die fynste groen waterplantjies.
En so kom n naweek ook al weer tot n einde. Kreatiewe week word ieder een toegewens.





Monday, 17 October 2011

Blokkies

Ek het weer met n nuwe projek begin!! Ek weet eks eintlik besig om my "halwe projekte" klaar en minder te maak, maar hierdie projek is n uitsondering. My man se ouma kuier hier en sy wil vreeslik graag n kniekombersie he. Ouma word een van die dae 86 en hoewel dit gewoonlik die ouma's is wat vir die kleinkinders komberse hekel, is dit vir my n voorreg om vir haar een te kan hekel.
So ekt toe besluit om sommer blokkies te hekel-gaan altyd die vinnigste.


Maar ekt toe n bloutjie geloop, ekt nie genoeg van die wol gehad waarmee ek begin het nie - geen probleem ek sal n draai by die wolwinkel maak-, maar toe het hul nie van die wol wat ek nodig het nie. groot probleem aangesien en al 2 30x30cm blokke gehekel het!!! Ek moes toe maar noodgedwonge ander skakerings kies. Ek besluit toe om met die nuwe skakerings kleiner blokkies te hekel en om die 2 groot blokke vas te werk, dit beteken ek het 12 blokkies nodig.




Maar ja, toe ek klaar is met die 12 en hul netjies in n rytjie pak toe lyk hul so mooi en ek kry n ander idee. Ek sal nog 3 blokkies hekel en dan die klein blokkies gebruik vir die middelste deel van die kombers. Die 2 groot blokke sal ek dan maar in n kussingsloop omskep.
So nou dat jul weet hoe sake staan, laat ek bietjie wys hoe vorder ek.


So,ja, nou begin ek om n bree randstrook te hekel en dan sal ek dit afeindig met n mooi randjie.
Heerlike daggie verder.

Friday, 7 October 2011

Naweek halo

En daar is ons al wraggies weer aan die einde van die week en ek het nog nie eers bietjie gesels nie! Wel laat ek begin deur te vertel van my uitstappie wolwinkwl toe vanoggend. Ekt nog blou wol gaan koop vir die Noag en Ark kombers. Sommer lekker groot pullskein bolle gekoop. Dit werk goedkoper uit as die kleiner bolle.
Ek wil een van die (vele) blogs wat ek lees wat ek met jul wil deel. Dit is http://cherryheart.blogspot/ Sulke oulike goedjies daar, onder andere die granny hearts.


Maak mens sommer lus om dadelik die hekelpen te gryp! Maar ek sal myself inhou, ek het nog n paar halwe projekte en dan nou die N+A kombers wat eers aandag moet kry!
Ietsie anders voor ek groet, ek het die mooi koekstaander in die week by n antieke winkel gekoop vir R30- ja jyt reg gelees!! Net R30!!! So pragtig vir my!


n Heerlike naweek vol sonskyn en vreugde vir ieder een.

Monday, 3 October 2011

Overdue ta-da

Hier is n paar foto's van die Josef's kleed kombers. Ek kon nogsteeds nie geleentheid kry om mooi foto's van die kombers te neem nie, beligting is swak, maar loer maar solank.





Voorlopig is dit al ta-da foto's, maar ek sal spoedig nog opsit.
Ek gaan vandag met die Noag en die Ark kombers begin, baie opgewonde!! Wag al lankal om hom te hekel en aangesien ek die naweek een van my halwe projekte klaargemaak het, beloon ek nou myself om met n nuwe een te kan begin.
Mooi daggie verder.

Sunday, 2 October 2011

Naweek bedrywighede

Ek is so trots op myself,ek het die naweek nog 1 van my "halwe projekte" klaar gemaak. Dis n bolero wat bestaan uit n aantal verskeie motiewe wat aanmekaar gehekel word. Die patroon kom uit Verena knitting Sping 2010.



Ek het my vordering afgeneem as ekstra aanmoediging om klaar te maak!!


Lig was bietjie swak vanoggend toe ek hierdie foto's geneem het, dit was bewolk en het heerlik gereen. Ek het sommer in die bed gesit en gehekel - wat is dan nou lekkerder as reen teen die ruite n warm koppie tee en n hekelnaald in die hand....



Geniet die luilekker sondag.

Tuesday, 27 September 2011

Amper ta-da tyd

Ek is klaar met my Josef's kleed kombers!!!! Uiteindelik! Sjoe, hy het n tydjie geneem om klaar te kry. Maar ek het baie aan en af aan hom gehekel. Ek en die kombers het n paadjie gestap hoor. Deur als wat ek die jaar deurgegaan het met my gesondheid was die kombers maar so tussen in gewees, n rytjie hier en n rytjie daar.











Dit het my gehelp om bietjie "kontak" te hou met my hobbies terwyl ek nog nie gesond genoeg was om iets anders te doen nie. So dis vir my n groot mylpaal die dat hy nou klaar is.
Ek moet nou nog net hom bietjie regsit vir n "fotoshoot"! Sodra ek kansie kry sal ek foto's neem van die reus! Moet eers mooi dink hoe en waar ek hom gaan sit sodat ek hom in sy geheel kan afneem.

Dan n ander ding. Jul wonder seker wat het van die naweek projekte geword, wel hul sal terugkeer, ek is tans net eers besig om eers die "halwe" goed klaar te hekel. Mens begin mos soms met n ding, en dan is die entoesiasme later nie meer daar nie! En dan begin dit op die rak le en stof vergader, so ekt besluit om dit eers te voltooi.
Ek is darm besig met ander hekelwerkies bo en behalwe die halwe projekte. Ek is besig met die vlu-rosies, trek darm nou al by 13.....het ek al genoem ek moet 130 maak!!! Ha-ha. Nou ja, dit beteken ek het nie tyd om verder te klets nie, die hekelnaald wag.
Mooi geseende daggie


Monday, 26 September 2011

Book of Remembrance

Ek lees so mooi gedeelte vandag in die Living Bible, wat daar gepraat word van God se Book of Remembrance-en dit het my so geraak. Dit het my laat dink aan my blog wat ook maar n tipe dagboek/onthou boek is, waar ek al die mooi en lekker dingetjies met ander deel-met die hoop dat dit die wat hul kosbare tyd gebruik om my blog te lees sal inspireer en opgewonde sal maak oor talente, handwerk en die lewe.
"Then those who feared and loved the Lord, spoke often of Him to each other. And He had a Book of Remembrance drawn up in which He recorded the names of those who feared Him and loved to talk about Him." Mal 3:16.
Baie geseende dag vol mooi onthou vir jul.


p.s ek het in die week die hartjies gesit en hekel terwyl ek by die skool vir die kiddies gewag het