Tuesday, 27 September 2011

Amper ta-da tyd

Ek is klaar met my Josef's kleed kombers!!!! Uiteindelik! Sjoe, hy het n tydjie geneem om klaar te kry. Maar ek het baie aan en af aan hom gehekel. Ek en die kombers het n paadjie gestap hoor. Deur als wat ek die jaar deurgegaan het met my gesondheid was die kombers maar so tussen in gewees, n rytjie hier en n rytjie daar.











Dit het my gehelp om bietjie "kontak" te hou met my hobbies terwyl ek nog nie gesond genoeg was om iets anders te doen nie. So dis vir my n groot mylpaal die dat hy nou klaar is.
Ek moet nou nog net hom bietjie regsit vir n "fotoshoot"! Sodra ek kansie kry sal ek foto's neem van die reus! Moet eers mooi dink hoe en waar ek hom gaan sit sodat ek hom in sy geheel kan afneem.

Dan n ander ding. Jul wonder seker wat het van die naweek projekte geword, wel hul sal terugkeer, ek is tans net eers besig om eers die "halwe" goed klaar te hekel. Mens begin mos soms met n ding, en dan is die entoesiasme later nie meer daar nie! En dan begin dit op die rak le en stof vergader, so ekt besluit om dit eers te voltooi.
Ek is darm besig met ander hekelwerkies bo en behalwe die halwe projekte. Ek is besig met die vlu-rosies, trek darm nou al by 13.....het ek al genoem ek moet 130 maak!!! Ha-ha. Nou ja, dit beteken ek het nie tyd om verder te klets nie, die hekelnaald wag.
Mooi geseende daggie


Monday, 26 September 2011

Book of Remembrance

Ek lees so mooi gedeelte vandag in die Living Bible, wat daar gepraat word van God se Book of Remembrance-en dit het my so geraak. Dit het my laat dink aan my blog wat ook maar n tipe dagboek/onthou boek is, waar ek al die mooi en lekker dingetjies met ander deel-met die hoop dat dit die wat hul kosbare tyd gebruik om my blog te lees sal inspireer en opgewonde sal maak oor talente, handwerk en die lewe.
"Then those who feared and loved the Lord, spoke often of Him to each other. And He had a Book of Remembrance drawn up in which He recorded the names of those who feared Him and loved to talk about Him." Mal 3:16.
Baie geseende dag vol mooi onthou vir jul.


p.s ek het in die week die hartjies gesit en hekel terwyl ek by die skool vir die kiddies gewag het



Saturday, 24 September 2011

Dankbare harte

Wat n heerlike dag. Ek het d voorreg gehad om tannie Rea Uys vanoggend by ons kerk se damestee te kon ontmoet. Sjoe wat n blessing! Ek weet dat elke vrou wat daar was se lewe deur die woord wat sy gebring het geraak is. Dit was so heerlik om as vroue saam byeen te gekom het tot eer en verheerliking van ons hemelse Vader se Naam. Soveel profetiese woord het uitgegaan en die Heilige Gees se teenwoordigheid was so tasbaar.
Iets wat ek nie geweet het nie, wat tannie Rea ons meegedeel het,dit is vanjaar 2011,die Josefs-jaar, hy is die 11de seun. Dit het vir my persoonlik n spesiale betekenis gekry,want waarmee is ek besig? Ja,met my Josef's kombers!!! Dit is vir my net amazing hoe die Here sulke dinge so saam kan laat werk,sonder dat mens besef dat daar dieper betekenis is aan dinge waarmee mens besig is! Sjoe,en daar is ek heeltyd besig met n Josef's kombers in die Josef's jaar!!!
Dit is vir my so wonderlik om die konneksie tussen my handewerk en hierdie nuutgevonde inligting te kan maak.
Mag jul ook soveel vervulling in Vader se woord en jul handewerk ervaar soos wat ek vandag beleef het.


Thursday, 22 September 2011

n Gewone mooi dag

Vandag gebeur niks besonders nie,normale rotiene van wasgoed was,kiddies versorg,kos maak ens. Maar ten spyte van die rotiene kan dit nogsteeds n heerlike dag wees. Mens moet dit net vir jouself lekker maak. Als wat jy doen,doen jy asof vir die Here,of dit nou voor die wasmasjien of die wasbak is waar jy jou bevind,doen die taak met n lied in jou hart. Ek probeer dit vir myself leer-dis n goeie ding om aan te leer- dit maak dat mens uit n ander oogpunt na dinge begin kyk. Dis vir my vreeslik lekker om te sit en hekel of een van my ander stokperdjies te beoefen,maar mens moet daardie selfde vreugde en lekker kry uit ander gewone dinge ook kan put. Kan nie heeltyd op n "crochet high" wees nie!! Ha-ha!! Praat ek bietjie te diep?! Ok,genoeg daarvan,wou net my nuwe siening en uitkyk op die gewone rotiene deel,meskien stem jul saam en besluit om ook jul benaderings te verander....
Om terug te kom na hekel toe, ek werk so bietjie aan my kombers se randjie,dis die laaste ry van my koning grootte Josef's kleed kombers.







So ek is redelik opgewonde dat die projek einde se kant toe staan,want ek wil graag met my knapie se Noag en die ark se kombers begin! Ek het ook vir my n nuwe blom-brooch gemaak en n armband uit die tydskrif  Mollie Makes. Eks mal oor die boek!! Loer bietjie hier.



Mooi ne'. Die voorblaaie is altyd so vreeslik mooi!!
En hier is my armband.



Maar wat vandag betref, ek gaan so tussen deur die huiswerk probeer om n paar rosies te hekel. Ek moet 130 van hulle hekel. My ma maak pofharte vir die VLU en die rosies moet bo-op die harte kom. En hoeveel vra jul het ek al gemaak?!! Ha-ha nog net 4.... So ja ek het vir myself n doelwit gestel, ek moet elke dag 2 hekel.
En dit gese' beter ek groet en gaan begin hekel!!!
Heerlike geseende gewone daggie vir ieder een.

Saturday, 17 September 2011

Inspirasie uit die verlede vir die hede

Ek sit vanoggend en blaai deur n hekelboek wat in 1946 gedruk is- ek is mal oor vintage patrone-. Ek lees toe die volgende oor die geskiedenis vn hekel en dit was so boeiend dat ek besluit het om dit met jul te deel. Dit kom uit "The Complete Book of Crochet" deur Elizabeth L. Mathieson. History of Crochet. Today,when crochet is enjoying such unprecedented vogue, it is doubly interesting to delve into its past and discover that what once helped save a nation from starvation became the accomplishment of queens.

 By curious irony, though its history dates back to the sixteenth century, crochet only came into its own with the birth of the machine age and has been growing in popularity ever since. The word itself is derived from the French croche, meaning hook. Originally the crochet hook was one of a number of tools used in the intricate process of lace making. As time went on, a repertoire of stitches ans designs evolved, and crocheting graduated into a seperate and pleasurable art. In the beginning it was almost entirely a convent art,classified with other types of handiwork under the general heading of nuns' work. It took a famine-the great Irish Famine of 1846-to give crochet its greatest impetus.

 At that time nuns taught it to their pupils and the proceeds derived from the sales of crocheted articles helped alleviate existing miseries. It was then that it became,along with playing the harpsichord,ine of the graceful accomplishments of the well-born young lady. Fascinating and versatile,crochet has become one of our best-loved handicrafts. With hook and thread agile fingers are capable of producing an endless variety of beautiful modern and traditional designs,each with its own special charm. Probably one of the loveliest is known as Irish Crochet,famous as far back as 1743 when Royal Dublin Society awarded prizes for outstanding examples of the art. During the famine it became more generally popular when rare patterns of old lace were so skillfully copied by the Irish girls.

Crochet owes its widespread appeal to the fact that it is easy to do and lends itself to so many delightfull interpretation. The simplicity and adaptability of the basic stitches tempt the novice to try her hand and challenge the expert to outdo herself. This art offers a wide latitude of choice: Laces, delicate as cobwebs for tablecloths and doilies, other more suitable for curtains and bedspreads...rugs and afhgans in glowing colors in which texture and design are artfully blended...all of which spell beauty and utility for every home. Crochet knows the fashionable graces too, how a crocheted hat and bag can "dress up" a costume,how a lacy cocktail sweater can "make" an evening.

Fashion and crochet have united to design some of the most sought-after accessories, as well as every sort of warm and beguiling beauty for the carriage trade. The machine has brought us many comforts and luxuries, but when it comes to the touch of beauty which is every women's birthright,nothing,it appears,will ever supplant the charm and inimitable loveliness of "handmade". This is especially true of crochet. There is a joy in wearing it, a subtle magic that goes into it,that the machine cannot copy or equal. That is the secret of the charm of crochet-whether it is done for profit,or as a hobby,a means of brightening a wordrobe or beautifying a home. It is a art that grows on you....

Sjoe omtrent n mondvol, maar dit het my so geboei!

Ek het verlede winter hierdie "wrist warmers" vir die kiddies hekel.


O,ja, en n paar vir myself ook!!!




Wednesday, 14 September 2011

"Leef jou eie potensiaal" Ek sit en lees die nuwe Leef tydskrif en lees toe hierdie sinnetjie raak,en dit is so waar. So baie van ons het soveel potensiaal maar ons leef dit nie uit nie. Ons potensiaal is Godgegewe, dis ons "werk" om dit uit te leef,te gebruik,ten volle te benut. Kom ons stof daai potensiaal geskenkpakkie van ons wat Vader gegee het,maar op die rak le bietjie af en leef ons potensiaal uit!!!!! Net n gedagte wat ek wou deel. Mooi daggie


Heerlike (massiewe) aarbeie is op die spyskaart!!!!

Ek moet darm so bietjie hekelwerk ook tussen al die geklets inbring....
Hier is goedjies wat ek verlede jaar gemaak het.



                                          Kussings wat sy tuiste in knapie se kamer gekry het.


Teemussie wat ek vir n winkel gehekel het

 

Saturday, 10 September 2011

Naweek projek

En hoe vorder die blikjassies? Ek was gister laatmiddag klaar met my eerste blikjassie. Toe die jassie die regte lengte was het ek net 1 rondte glipstekies in elke steek gemaak. Die bandtjies bestaan uit 100 kettingstek elk. Ek het 4 sulke kettingsteek "toutjies" gemaak wat aan d jassie vas is. Hier is n paar fototjies van my vordering en d plantjies wat ek gekoop het. Die kiddies het aangedring op n aarbei plantjie en ek het besluit op n pepermint - aangesien ons border collie myne opgeeet het! Maar met hierdie oulike blikjassies kan my pepermint rustig groei sonder om gesaboteer te word!! Vir die heel klein koffieblik wat ek het, het ek sommer net so oulike miniatuur palmpie gekoop.  Hier is n paar fototjies wat ek geneem het.