Ek het n bolero gemaak en die blokkies met wit om gehekel.
Spreuke 31:13 "Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk." Proverbs 31:13 "She seeks out wool and flax and work with willing hands to develop it."
Monday, 23 March 2015
Terugblink
Ek wys graag wat van die blokkie a geword het wat Ek verlede jaar in d kente gehekel het.
Ek kon nie nog van dieselfde kleur wol kry nie, so ek het toe iets anders met die blokkies gedoen as wat Ek aanvalklik beplan het.
Ek is Baie tevrede met die resultaat.
Sunday, 22 March 2015
Nuwe week
Dit is mos hoe n Maandag oggend moet begin...
Mooi Maandag 🎀🎀
Daar is Baie beplanning en n Lang to-do list wat op my wag hierdie week, daarom maak Ek vanoggend n rustige tydjie op die stoep om net my voete te vind en my gedagtes te orden, anders kan dit Nogal oorweldigend voel met als wat gedoen moet word.
Gister het Ek weer bietjie aan d Stoeloortrekseltjie gewerk. Ek het met n 2 de Bol wol begin. Hierdie Steek "eet" jou wol vinnig op. Die grys is dus die 2de 50g wat Ek gaan gebruik.
Friday, 20 March 2015
Stoeloortrekseltjie
Gisteraand het Ek n mooi Bol wol gevat en rondgespeel met idees vir n stoel oortrekseltjie.
Nou weer so bietjie daaraan gewerk
Hier is my vordering...
Wednesday, 18 March 2015
Vroegoggend op die stoep
Die lekkerste plek vroeg in die oggend is op my stoep. Ek het n lekker groot houttafel waar Ek al my goedjies kan uitpak, reg vir my om dit te geniet.
Vanoggend is dit my NKJ Spirit Filled Bible wat saam met my op d stoep kuier..
En om dit als af te rond, n koppie white chocolate cuppachino natuurlik....
Asook my wolle...
Gaan n blokkie of 2 hekel voor Ek kantoor toe moet gaan. Ek is besig met die "cowl" wat ek in n bylaag van Simply Crochet gekry het.
Nuut elke more
Die Woord Se sy genade is elke more nuut. Dankie tog daarvoor, want mens het elke dag nuwe voorraad genade nodig.
Die son wat op die water weerkaats...
Pragtige natuur...
Bederfies vir vriendinne...
Bloukop koggelmander
Mens kan nooit genoeg van mooi hekelpatrone en kleurvolle wol kry nie...
....
Elke dag is n nuwe geleentheid en ek is so dankbaar daarvoor, want dit beteken Ek kan net die "blog" drade optel waar Ek dit verlede jaar Augustus gelos het en van vandag af weer aangaan.
Die mooi van die lewe is elke dag daar vir Elkeen wat kies om dit te sien. Ek kies om d mooi te sien.
Mooi wol en n nuwe patroonsteek - seedstitch...
Sunday, 10 August 2014
Lente is om die draai
Lente, wat 'n wonderlike vooruitsig is dit nie. Die winter begin nou stadig maar seker einde se kant toe staan en ek kan nie wag dat die somer aanbreek nie, sodat ek weer vroegoggend op die stoep kan sit en hekel!!!!
Ek is besig met 'n hele paar projekte. Hier is 'n kykie na ietsie waarmee ek besig is - maar toe raak die wol klaar....Ek het so gehoop ek gaan al die blokkies kan hekel met die wol wat ek het, maar nou sal ek moet wag tot ek weer in Krugersdorp by die wolwinkel kan uitkom.
Maar nie te min, kyk hoe mooi
(Ek het besluit om nie die keer weer aan te gaan oor hoe lanklaas ek iets opgesit het nie. As ek tydjie kry om iets op te sit dan doen ek, as ek nie tyd kry nie dan is dit nou maar ook so...)
Mag dit 'n vreugdevolle, kreatiewe week vir almal wees.
Blessings

Friday, 2 May 2014
Hi daar, onthou my...?
4 Maande laas iets "gepost", ai, hoekom is dit so moeilik ? Soveel goeie voornemens om gereeld te blog, maar ja, dan gebeur die lewe -life happens- en voor ek weet is daar 4 maande verby. Maar ek het besluit skuldig voel is nie meer 'n opsie nie. Dis veronderstel om 'n uitlaatklep te wees en lekker te wees om te blog, dis nie veronderstel om skuldgevoelens te wek nie, so die slotsom is; as ek kans kry om te blog dan doen ek en as ek nie kans kry nie, wel dan is dit maar so. (alhoewel ek nogsteeds my bes gaan probeer om tog gereeld ietsie te skryf.
Ek lees die afgelope naweek Lucy van attic24.typepad.com se blog, so 'n wonderlike blog wat sy het en sys so getrou met haar inskrywings. Dis altyd 'n fees om by haar blog in te loer. Gelukkig is daar mense soos sy wat ons ander "want-to-be" bloggers inspirer om weereens die kamera en laptp nader te trek en tog maar 'n ietsie te post vir die paar getroue volgelinge. (Die wat wel my gebrabbel lees, julle is dierbaar en kosbaar).
Al het ek nou nie ge-blog nie het ek wel gehekel en kuier ek nogsteeds elke oggend saam met Sarah (verwys na vorige inskrywings aangaande Sarah). Nou laat ek sien of ek gou sommer 'n foto of 2 kan deel.
Met katoen tou 'n houer/mandjie gehekel
Bedsokkies / kouse met elle gold chunky
Ek moet se ek was baie in my skik met die eindresultaat en dit het so vining gegaan om dit te hekel.
Ek het ook 'n hansak gehekel - ek het hom vandag klaar gemaak, maar het nog nie foto's van hom geneem nie. Sal nog wys hoe hy uitgekom het.
Ek het tydens ons vakansie so 3weke gelede die mooi wol gekoop en 'n kopband en 'n paar "fingerless mittens" gebrei - weereens nog nie foto's van eindproduk geneem nie - maar geniet maar die foto van die bolletjie wol...
Daar was vele ander wollerige lekkertes gewees - te veel om nou alles te wys, maar nog so laaste enetjie is die truitjie wat ek vir 'n vriendin se pragtige poplap gehekel het.
Ek kan nie belowe om gou weer in te loer nie, maar ek sal my bes probeer...

Subscribe to:
Posts (Atom)