Friday, 27 January 2012

Almal op ñ streep

Ek het so 3jaar gelede by die hobby-x vir my n jelly-rol gekoop, dit is kwilt materiaal wat in lang stoke gesny en opgerol word. Mens kan die pragtigste blokke met dit maak, maar aangesien dit nou al so lank le het ek besluit om sommer net die stroke aanmekaar vas te werk. 


Die kleure pas vir my so mooi saam. Ek moet nou net uitkyk vir lap wat by dit pas sodat ek aan die 4 sye bree stroke kan werk, sowel as n stuk vir die agterkant.




Sal julle op hoogte hou van hoe hierdie projek vorder.
Mooi dag.

Friday, 6 January 2012

Tridalia pret!!

Gister het ek alte heerlik met n bolletjie tridalia nr 5 hekelgaring, 1 spoelklip, n 3,5mm hekelnaald en 3 perelkrale "gespeel"!



 Eers het ek n rosie gehekel wat toe gegroei het tot n driehoekige lappie wat sommer gaan dien as n lappie vir my melkbekertjie.







En daarna het ek vir n spoelklip n baie fancy jassie gehekel. Ekt mos gese' ekt gesit en speel!!!









Vandag het ek so bietjie aan S se Ark kombers gewerk en laat ek jou vertel dis geen grap nou dat ek met die wit-wat die wolke is- begin het nie. Ek het altyd gedink om met swart wol te hekel is bietjie moeilik op die oog,maar die wit is tien keer erger. Die afwisseling tussen die twee bloue wat ek gebruik het,het ook darm gehelp dat dit nie te eentonig raak nie,so nou dat ek vir die oorblywende rye net heeltyd met d wit gaan moet werk maak dit baie "boring" soos S sal se'. Dit is sy nuutste geliefkoosde woord,alles behalwe visvang is "boring". Hy is n regte ou visserman,wat enige dag sy speelgoed sal inruil vir nog n vistok of nog kuns aas - hoeveel vistokke en kuns aas kan een 5jarige seuntjie nou wil he'!!!! Ha-ha!
Sal binne-kort foto's van my tridalia pret opsit. n Mooi 6de dag van die nuwe jaar vir ieder een.

Wednesday, 4 January 2012

Nuwe jaar nuwe idees

Die lekker van die begin van n nuwe jaar is die nuwe "to-crochet" lysie wat ek stelselmatig in my kop maak. Verlede jaar was daar nie veel tyd of energie om kreatief te dink nie, so hierdie jaar wil ek graag bietjie meer hekelprojekte klaar kry as in 2011.
Ek sal baie sorgvuldig n paar projekte kies wat ek die jaar mag aanpak. Ek wil meer georganiseerd en geballanseerd my stokperdjies beoefen, ek kan party keer in die hitte van die kreatiewe oomblik met n nuwe projek begin en dan sit ek op die einde van die dag met soveel halwe projekte.... So beplanning en balans is die wagwoord(e) vir 2012.
Een van die projekte op my agenda is die oulik klein granny blokkies kombersie in - Cute and easy crochet-.






Die sagte skakerings is vir my baie mooi. Ek dink nie ek gaan n hele kombers hekel nie, meskien net kussingoortreksel maak om op my bed te sit.

Dan is daar die zig-zag kombers wat ek in Simply Knitting gesien het wat ek wel n kombers van sal maak, maar ook in mooi helder kleure.







Maar voor ek hierdie lekker nuwe projekte aanpak moet ek eers S se Ark kombers klaar maak. Die granny square kombers waarmee ek besig is gaan nog n rukkie vat, maar met hom is ek nie haastig nie, ek is van plan om hom baie groot te maak en sal so tussendeur aan hom werk.

Nou ja, hier waar ek in die middel van die warm bosveld sit gaan ek eers groet sodat ek my heerlike yskoue mango kan eet.
Mooi geseende dag.

Saturday, 31 December 2011

n Dag van oordenking en vooruitsig

Wat n jaar,nie een wat ek sommer weer sal wil he' nie,maar een wat ek besluit het ek nie oor gaan spyt wees nie. Ek het vanoggend gesit en bietjie gedagte en gevoelens oor die jaar vasgepen in my joernaal. Ek het myself voorgeneem om net die positiewe en die goeie van die jaar neer te skryf en die lesse wat ek daaruit kan en moes leer te bepeins en te fokus op die groei wat in die moeilike tye plaasgevind het. Ekt erens gelees, - wanneer daar net sonskyn dae is en geen donderstorms nie dan vorm n woestyn...
Die donderstorms in ons lewens is nodig sodat daar groei kan plaasvind.

Tuesday, 13 December 2011

Uitspantyd geselsie

Jippy, dis vakansie! Ok, nou al n week lank, maar dit begin nou eers regtig "insink". Die lekkerste deel is die laatslaap. Dis so lekker om nog bietjie in slaapklere ( my gunsteling klere moet ek erken) rond te drentel en dan rustig ontbyt te eet, meskien buite onder die boom n teetjie te drink, dan die blomme nat te gooi en dan te gaan aantrek. Die rustiger pas van vakansie is goed vir die siel! Ek sover tot n tydjie gehad om n storieboek te lees. Tussendeur smokkel ek n hekelstekie of 2 ook darm in. Ek werk redelik getrou aan grootman se kombers en het al n hele paar VLU-rosies gehekel. Het ek vertel van die Cath Kidston hekelblik wat ek bestel het? Kyk bietjie hoe mooi.




So mooi en handig.
Verder is dit maar die gewone huislike rotiene en dinge. Ek het n hele paar mooi patrone wat ek brand om mee te begin - gister in my nuwe Crochet today gesien- maar ek gaan mooi soet wees en sorg dat ek eers klaarmaak waarmee ek besig is. Elk geval met kersfees op hande sal dit wys wees om eerder volgende jaar met nuwe projekte te begin aangesien ek tussendeur met n paar kersfees-projekte besig is. Niks groots nie, paar gehekelde sakkies maar ek sal dit later wys.
Sterkte met al die fees voorbereidings. Geseende dag.

Friday, 25 November 2011

Miniatuur vlaggie verliefdheid!!!

Donderdag toe het ek die nuwe IDEES gekoop en daarin hierdie oulike klein gehekelde vlaggies gesien, man dit was love at first sight! Ek het dadelik n hekelnaald en oorskiet wol van my Josef kombers nader getrek en begin hekel.  En toe ek eers begin toe kan ek nie ophou nie.  Laat ek jou vertel ek sal meters en meters van die vlaggies hekel ha-ha!!!
Eerste was die rooies


Hulle hang nou in my sitkamer.

Toe volg bloues.


En hulle is nou in my seuntjie se kamer as versiering teen sy deur.



Toe (ja, ek het gese' ek kon net nie ophou nie!) volg pienkes


Hulle hang nou in my dogtertjie se kamer al teen haar muskietnet af - ongelukkig nog nie mooi foto van dit nie.
En nou is ek besig met vlaggies wat ek as versiering om die kersboom gaan hang, en ek waarborg jou dit gaan nie die einde van die vlaggies wees nie, ekt nog baie planne met hierdie nuutgevonde vriendjies van my....

Baie mooi saterdag vir almal.

Kombers Ta-da

Ek het Oktober al hierdie kombersie vir ouma klaargemaak toe sy by ons kom kuier het, maar o wee, die tyd om foto's op te sit en n kletsie in te kry het ek net nie gehad nie. Maar hier het ek nou n tydjie om bietjie te deel waarmee ek bedrywig was.









Ek het besluit om die kombersie bietjie te verfyn deur n ou mooi skulprandjie wat n picot tussen in het om te hekel. Mooi ne'.


So hier is ouma Issie met haar kombersie wat die komende winter haar bene teen die koue gaan beskerm.


Na ek met die kombersie klaar was, was ek lus om bietjie met ietsie vir myself te begin. Ek het besluit om n somerjassie vir my te hekel en het op elle premier se katoen garing besluit.


Hier is n sneak peak van die eerste paar rondtes. Eks al redelik ver maar nog nie kans gehad om foto's te neem nie.





Goed volgende op die lys is die Noag en die Ark kombers. Wat jammer om te se' baaaiiiieee stadig vorder. Weereens spandeer ek nie soveel tyd soos wat ek graag sou wou aan hom, maar ek is van plan om te begin om elke dag ten minste 2 rye te hekel - klink na n goeie plan ne'!!





Goed dit lyk of ek nou min of meer op datum is!! Ha-ha! Geseende naweek.