Regso, kom ek vertel jul hoe ek sover te werk gegaan het.
Rondte 1-Maak 6 kettingsteke
Glipsteek in 1ste kettingsteek om ring te vorm
Maak 3 kettingsteke
Maak 11 langbene (dink dis wat jy dit in afrikaans noem,ek ken net engelse termes! m.a.w treble)
en glipsteek in laatste van 3 kettingsteke wat jy in die begin van die rondte gemaak het. (12 langbene,onthou die 3 kettingsteke tel as jou eerste langbeen
Rondte 2-Maak 3 kettingsteke
Maak 1 langbeen in dieselfde spasie as wat 3 kettingsteke is.
Maak 2 langbene in elk van volgende langbene tot einde. (24 steke)
Rondte 3-Maak 3 kettingsteke
*2 langbene in volgende steek, 1 langbeen in volgende steek* herhaal tot einde (36 steke)
Rondte 4-3kettingsteke, 1 lanbeen in volgende steek,* 2 langbene in volgende steek, 1 langbeen in elk van volgende steke* herhaal van * tot einde.
Sjoe klink deurmekaar maar werk maar soos jy lees. Ek sal later mooi die patroon gaan uitskryf en n diagram maak. Ek persoonlik verkies om van n diagram af te hekel, dis net soveel makliker, dan kan jy sien wat jy moet doen.
Elk geval, nou is die sirkel klaar en gaan ons met die kant van die blik op beweeg.
Rondte 5 - 6 kettingsteke. 1 langbeen in 4de langbeen van vorige rondte. *3 kettingsteke, slaan 3 steke oor en maak 1 langbeen in volgende steek*. Herhaal tot einde. Jy het nou 12 langbene en 12 (3kettingsteek) spasies.
Rondte 6 - 3 kettingsteke, 4 langbene in eerste spasie, 1 langbeen in volgende langbeen, 3 kettingsteke, 1langbeen in volgende langbeen, 4 langbene in volgende spasie. Gaan so voort tot einde.
Rondte 7 - 6 kettingsteke, slaan die 4 langbene in spasie oor en maak 1 langbeen in volgende langbeen, 4 langbene in spasie, 1 langbeen in volgende langbeen. Hou nou aan om op hierdie manier te werk. Jou werk moet so iets lyk
Ok noudat mens die foto sien maak die gebrabbel hier bo sin!!
Reg dink dis vir eers genoeg om jul mee besig te hou. Ek gaan nou verder werk tot werk by bo-kant van die blikkie strek...
Ps. Hier is die langbeloofte diagram van die blikkie se bodem. Die grootte van jou blikkie se bodem sal bepaal hoeveel rondtes jy moet hekel, pas maar kort-kort jou blikkie op jou gehekelde sirkel.
Spreuke 31:13 "Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk." Proverbs 31:13 "She seeks out wool and flax and work with willing hands to develop it."
Friday, 9 September 2011
Jippy dis naweek!!
Dis naweek! Eks mal oor naweke, maar wie is nou nie!! Maar ja, soos jul weet beteken naweek vir my hekeltyd! Op n vrydag "bederf" ek myself deur met n nuwe hekel projekkie te begin. Niks groots of ingewikkeld nie, net ietsie klein en vinnig wat voor die einde van die naweek kan klaar wees. So, ekt gesit en dink en na vele oorweging ( en heroorweging), -want kyk daar is BAIE goed wat ek wil hekel- het ek besluit om werk te maak van al die lee koffieblikke wat ek het. Nou wat het dit met hekel te doen wonder jul dalk! Wel ek gaan "jassies vir die blikke hekel. Ek het tou gekoop - jy weet sommer daardie wit tou waarmee mens pakkies toedraai- ek het n groot tol by CNA gekoop vir R10. Ek wil kruieplantjies in die blikke plant en buite ophang. Dit gaan n vinnige en praktiese projek wees die en ek sien uit om te begin. So ek het gedink die keer gaan ek die naweek projek so doen dat jul dit saam kan doen as jul daarna voel.
Benodighede:
Tol tou
4,5mm hekelnaal
n lee blik - enige een wat jy het, ek gaan met n medium koffieblik begin.
Soos ek se' gaan ek n kruieplantjie daarin plant wat beteken ek gaan oor die naweek n draai by die kwekery moet maak, gelukkig vir my is die kwekery loopafstand van my huis af. So kry jul hekelpenne gereed, ek gaan vanmiddag begin en soos ek vorder die patroon deurgee... Ja, dis reg ek het nie n patroon nie, ek gaan sommer uit my kop uit hekel!!! Maar kom ons kyk hoe gaan dit!!! Tot later
Wednesday, 7 September 2011
Bunting ta-da
En uiteindelik kan ek met my vlaggies spog! Dit het so mooi uitgekom, ek is baie tevrede. Finaly I can show you my flag bunting! I'm really impressed by how it turned out.
Ek gaan defnitief nog 'n stel hekel - aangesien hierdie een mos vir 'n spesiale klein pienkvoet is wat November haar opwagting gaan maak.
I am going to crochet another flag bunting for myself,as this one is made for a special baby girl whom I am so excited about!
Nog n heerlike hekelprojek klaar, dis so bevredigend om mens se handewerk te aanskou. Maak my sommer lus om nou dadelik my wolle te gaan gryp en te hekel!!! Tot later. P.s hier is fototjie van die juffroutjie...
So nice to stand back and admire your handywork for a while! But not to long, because I'm already itching to begin with my next project!!! Beautyfull day for all you lovely crochet addicts! P.s here's a sneak peak of the little princes...

Tuesday, 6 September 2011
Hekel praatjies
Kom ek gesels bietjie hekelwerk. Kyk as ek kon sou ek seker 24uur van die dag gehekel het! Die hele proses van patrone/boeke deurkyk, die perfekte patroon of idee vir my volgende projek te kry, die kies van wol - kleur, tipe, ens - is als deel van die lekkerte. Ek begin nou al klaar te dink wat gaan my volgende naweek projek wees!!! Ha-ha. Praat van naweek projek, loer bietjie na my blou sak. Ek het die nate toe gewerk en al die wolle weggewerk ( dis die minder lekker deel van n projek klaarmaak-die wegwerk van wol). Lize het my ook vanoggend laat weet dat sy materiaal gekry het en dit is spoedig oppad in die pos. Jinne ek kan skaars my opgewondenheid in toom hou!
Loer solank na n foto van die lap wat sy afgeneem het.
Sodra ek dit in die pos kry sal ek nog foto's neem en bietjie met dit "brag"!!!
Vir so bietjie ekstra inspirasie terwyl ek opsoek is na my volgende projek, het ek so bietjie die nuwe Country Homes & Interiors deur gekyk. Ek is versot op die tydskrif. Daar is die mooiste foto's in,en soveel idees en inspirasie, ek kan dit oor en oor deurkyk...
En hoe kan ek dan nou ook groet sonder n foto van n mooi blom en n soetdingetjie!!! Feast your eyes.
Mooi geseende dag. Hou die wolle naby.

Kyk net hierdie mooi kwilt!!! Ek sal nie omgee om in hierdie kamer aan die slaap te raak nie! So fyn en vroulik, vrolik en lenterig!!
En hoe kan ek dan nou ook groet sonder n foto van n mooi blom en n soetdingetjie!!! Feast your eyes.
Mooi geseende dag. Hou die wolle naby.
Sunday, 4 September 2011
Die vreugde van iets skep
Met my verjaarsdag het ek n lieflike pakkie van my vriendin Lize ontvang. Maar dis nie net die mooi halsnoer wat daarin was wat my opgewonde gemaak het nie, die mooi stukkie kant en pragtige linte het my net so opgewonde gemaak!
My kreatiewe brein het dadelik begin oortyd werk oor hoe ek iets daarvan gaan maak. 'n Paar dae later het ek hiermee vorendag gekom....
Sommer net ietsie mooi wat in my sitkamer op die koffietafel kan pryk en my te herinner aan al die bederf op my verjaarsdag!
Mooi daggie verder
P.s ekt Augustus al die nuusbrokkie geskryf, maar nou eers tyd gekry om foto's by te sit en dit vir jul te wys!!
Morning has broken
Vanoggend vroeg toe sit ek my teetjie en drink in my toekomstige kombuis,en kyk net hoe mooi gaan my "view" wees! Terwyl ek toe so sit kom die woorde van die bekende liedjie "morning has broken" by my op en dadelik weet ek dit sal my nuusbriefie se opskrif wees!
Ons is besig om 'n loghome op die plaas vir ons te bou. Dis BAIE harde werk,maar vreeslik opwindend! Ek sit hier in die sonnetjie en verf en skuif meubels!! Ha-ha,heerlike drome wat ek sit en droom oor hoe als in en om ons "cottage" - soos wat hul in die UK na sulke houthuisies vewys- gaan lyk.
Ek het so bietjie in die tuin gestap en die lente se eerste blomme betrag. Kyk net, eenvoudig so mooi.
Nou ja, en so kom 'n naweek soos jul weet spoedig tot 'n einde!!! Ons moet ons tyd wys gebruik, dis iets wat ek hierdie jaar weer opnuut besef het. Geniet elke oomblik en gebruik elke geleentheid, sodoende is elke dag 'n fees!!!!

Saturday, 3 September 2011
Hekel lekkerte!!
Ek het besluit om die naweek bietjie met 'n nuwe projek te begin. Ek weet ek skuld nog n ta-da van my ander projek! Maar moet nog eers mooi foto's neem. Ek hou daarvan om op n Vrydag met 'n naweek projek te begin, iets wat teen sondag klaar kan wees en dan kan ek deur die week weer aangaan met my ander artikels. Die nuwe projek is n sak uit die nuwe hekelboek wat ek gekoop het genaamd "cute and easy crochet".
Mooi ne'!!!!?
Ek is gek oor die boek en wil ALS in die boek hekel! Ek het wol wat ek 6jaar gelede al gekoop het en verskye artikels al van gemaak het, wat toevallig presies dieselfde kleur is as die wol wat hul in die boek gebruik het. Dit is 'n baie maklike patroon en ek vorder vinnig.
Ons kuier bietjie op die plaas, so hier sit rustig onder die groot doringboom en hekel terwyl manlief vir ons 'n vleisie braai. Salig, kan mens vir meer vra?!...
Aangesien dit dik chunky wol is en ek 'n 8mm naald gebruik, vorder ek vinnig. Die patroon stel 9mm voor, maar vir my dikte wol het ek die 8mm verkies.
Time well spend!!!! Mooi saterdag vir ieder een.

Subscribe to:
Posts (Atom)