Thursday 31 May 2012

Love the blue bird en Mollie Makes

Jippy! Uiteindelik het die uitgawe van Mollie Makes met die gehekelde jassie van Laura in toe in Suid-Afrika uitgekom!! Ek het so pas gekoop en kan nie wag om hom deur te kyk nie.




Ek het nog van die oulike serp-wol gekoop (nie dat ek nog wol nodig het nie, maar mens kan nooit genoeg serpe he nie - en elk geval as jy n dogterjie het wat hou van opdress en bekomstighede soos my dogtertjie, dan gaan jy elke geval nooit genoeg wol he om als mee te hekel nie!!!! So  kyk gerus saam na hierdie mooi kleure


Kan nie wag om met die serpe te begin nie.....

Lank lank gelede.....

Sjoe dit voel soos maande laas wat ek gesels het!!! Maar laat ek nou eers vertel hoekom daar so lanklaas naweek-projekte of enige ander hekel geselsies was. Wel ek het so ietwat van n ongeluk gehad, sien ek was besig om my klerekas reg te pak en toe val ek reg agteroor van die stoel af (mmmm bunjee jumping uit die kas uit werk nie!!! ha-ha) Met die landingslag val ek toe met my rug teen my bed se hout pilare, en ja, daar is die ribbebeentjie toe nou af. So my afwesigheid was die eindproduk van die val. Maar ek is baie dankbaar om te raporteer dat ek nou weer aan die gang is, en nie meer seer het nie, sjoe Vader het my regtig beskerm, ek kon soveel seerder gekry het...
Maar nou terug na die hekelwerkies. Ek kon nou wel nie die eerste paar dae na die val veel doen nie, maar het paar dae later begin "ontrekkingsimptome" begin kry a.g.v n terkort aan wol en naald, ha-ha. So kom ons kyk watse fototjies ek het om vir jul te wys


Hier sit ek, nadat ek weer begin bestuur het na die val, by die kwekery/pettingzoo. Terwyl die kiddies op die klimrame gespeel het, het ek so bietjie met die wolle gespeel. Ek het egg cozies gemaak, idee uit cute and easy crochet gekry, maar het die patroon bietjie aangepas, want dit pas nie oor ons groot plaaslike organiese eiers nie. Maar nie te min, dit het mooi uitgekom na ek aanpassings gemaak het en n oulike picot edge aan die onderkant aangehekel het.


Volgende het ek blokkies wat ek heel onverwags op afgekom het terwyl ek n mandjie skoongemaak het om ander hekelwerk in te pak, gekry. Ek het seker 7jaar gelede die blokkies gehekel - ek kan nie onthou hoekom en waarom nie-, maar toe ek hul nou sien toe weet ek dadelik waarvoor ek hul nou gaan gebruik! Ek het hul aanmekaar gehekel....


en n gewone blokkie gehekel vir die agterkant en n tipe van n sakkie/pouch gemaak....


Dit gaan sommer nou gebruik word om n cd in te glip totdat ek kans kry om hom weer in sy kassie te sit. Ek geniet musiek en ruil voortdurend die cd's wat ek in my motor luister, maar die ding is ek los nie die kassies in my motor nie, ek vat net die cd uit motot toe, so met die gevolg as ek die cd uit die cd-speler haal het ek nie die kassie byderhand om hom in te sit nie. So nou gaan ek die gehekelde sakkie permanent in my motor los, so as ek n cd uithaal kan ek hom maklik in die sakkie glip vir veilige bewaring totdat ek hom kan bere. Kyk nou net hoe handig kom die 9 klein ouma blokkies te pas vandag....


Dit was nou sommer n hele mondvol, so ek gaan nou eers afsluit met hierdie "post", want ek het nou n lekker koppie rooibostee nodig.
xxx

Thursday 17 May 2012

Klein plesiertjies, groot vreugde

Die winter is nou regtig op ons, maar terwyl dit buite al kouer word, word my hart al warmer van al die klein plesiertjie en bederfies wat van die week tot dusver.
Ek het vir my n tydskrif gekoop wat allerhande handwerk artikels in het, eerste keer wat ek hom koop. Baie oulike goedjies in, en daar was die oulikste silocone stempels in van klein muise wat naalwerk doen, sal so oulik wees om kaartjies met dit te maak. Sal op n later stadium bietjie meer van die boek vir jul wys. Laat ek eers al die lekkerte van die week deel....




Hierdie is eintlik n groot sopbakkie, maar met die oor lyk dit soos n teekoppie, maar glo my hys groot, jy gaan seker 3 tot 4 koppies tee in die een kan gooi so groot is hy. Ek kan nie wag om my heerlike butternut sop uit hom te eet nie.





Volgende op die lys is die pragtige boks. Ek gaan hom gebruik om al my Crochet today tydskrifte in te bere.



Kyk net die pragtige voeltjies.
I "love the blue bird".  Dit laat my aan Laura dink met haar blou voeltjie




Volgende is my hekelboeke wat toe uiteindelik gister in die pos opgedaag het!!!!!




En laaste maar allermins nie die minste nie, is die hartjie wat my man gister vir my uit yster uitgesny het. Hy het n plasma-cutter gekoop en toe hy hom toets was dit die eerste vormpie wat hy uit die metaal gesny het. Hy het dit toe vir my kom gee - wat vir my natuurlik baie spesiaal was dat hy aan my gedink het terwyl hy sy nuwe masjien uit toets..... baie special gebaar gewees vir my...




n Baie geseende week vir almal en mag jul op hierdie hemelvaart dag God se liefde en goedheid in jul lewens ervaar en weet dat Hy altyd in beheer is, selfs in die moeilike tye.
xxxx

Monday 14 May 2012

Moedersdag Tha-Dha

Ek het vrydag dadelik met die bedsokkies begin na ek met jul gesels het, ongelukkig het my naweek nie uitgedraai soos ek gedink het nie, en het ek eers vanmiddag met die sokkies klaar gemaak. Maar klaar is hul gelukkig klaar. So kyk gerus....





Ek het dieselfde kleurskema probeer gebruik as die oorspronlike patroon. Ek dink die kleure komplimenteer mekaar baie mooi.



En hier is die eindproduk, ek dink my "moekie" soos ek haar noem gaan baie in haar skik wees met haar moedersdag geskenk.



Dit is nie maklik om die model en die fotograaf te wees nie hoor...



En nog so enetjie voor ek groet.

Net so ten slotte, die patroon het ek n ruk gelede gesien op pinterest en hom op my hekelbord gepin. Dis n patroon van www.garnstudio.com

Friday 11 May 2012

Naweek-projek

Aangesien hierdie naweek moedersdag is, dink ek dis heel gepas om die naweek n ietsie spesiaal vir moeder te hekel.  Oe en daar is regtig sulke mooi goedjies wat mens vir so n spesiale dag kan maak.   So op hierdie stadium speel ek nog so bietjie rond met idees, maar wees verseker ek sal jul wys sodra ek klaar is.

Intussen kyk solank na die mooi artikels van ander bloggers se moedersdag idees. Ek het dit goed gedink om die lieflike blogs met die oulike moedersdag geskenk en toedraai idee met jul te deel , hoekom nou dit vir myself hou as ek jul almal met die link kan "bless"! Geniet julself gate uit!!!

http://goodknits.com/blog
http://haakmaaraan.blogspot.com
Geseende naweek vir al jul pragtige en kosbare moeders, mag God jul reiklik seen.
xxx

p.s ek het so pas op n artikel besluit ; gaan slippertjies hekel!!!!!

Tuesday 8 May 2012

Coco se halwe tha-dha

Goeie more aan al jul pragtige mensies. Sjoe ek het die naweek so lekker aan Coco gehekel, dit was nou voorwaar n plesier om haar te maak. Ongelukkig sukkel ek om ogies in die hande te kry - spesiale kat ogies - lyk soos die wat mens vir teddie bere gebruik-. Maar ons gaan more Pretoria toe, so meskien kan ek daar gehulpe raak....
Maar kyk maar solank na die koplose Coco...






Die lyfie is heeltemal klaar en opgestop en vasgewerk. Die kop, ore en snoet is klaar gehekel, maar kan eers opgestop en vasgewerk word na die ogies vasgesit is. Ek gaan more terwyl ons ry haar kleertjies hekel. n Baie mooi geseende dag vir almal.

Friday 4 May 2012

Naweek projek

Ek het hierdie week hard gewerk aan al die mussies vir die bestelling wat ek gehad het en dan nog die artikels vir die interppeneurs dag ook, so ek het besluit om hierdie naweek net n lekker prettige ietsie te hekel. Ek het op hierdie besluit....


Hierdie patroon van Coco die oulike kat is net die regte hoeveelheid pret en regte grootte om as naweek projek te werk. Die patroon is in Crochet Today tydskrif en blykbaar gaan daar in die volgende uitgawe n nuwe stel klere vir Coco wees om te hekel. Ek dink my dogtertjie gaan baie in haar noppies wees met hierdie nuwe "handgemaak met liefde" speelding.

Praat van in haar noppies, sy was vandag net so beindruk met haar ma se handewerk, al die artikels wat ons vir die intreppeneurs dag gemaak het is uitverkoop! Kom ek wys jul ons pragtige blikkies en boekmerke wat ons gemaak het om te verkoop...







Nou ja, dit is genoeg gesels vir eers, laat ek groet en Coco se arms gaan klaar maak. Vrede vir almal en n heerlike naweek saam met jul mensies en natuurlike jul wolle...

Thursday 3 May 2012

Wolle en garing

Goeiedag aan al julle lieflike mensies, ek vertrou dit gaan goed met ieder een.  Ons het n lieflike dag hier in die suidelike halfrond, sal nie se dis veronderstel om winter te begin raak nie. Ek het gister gou die laaste afrondings (met ander woorde die goor deel van wolle wegwerk en nate toewerk) aan die bestelling wat ek vir die baba beanies gehad het gedoen. Ek moet se als het baie mooi uitgekom en ek kan nie wag om te sien hoe mooi dit op die foto's gaan lyk wat my vriendin gaan neem nie.
So laat ek jul bietjie van die mussies wys




Die een met die oortjies is een van my gunstelinge



Ek kyk gister na Laura se blog ( http://lovethebluebird.blogspot.com) en sien al die mooi garing wat sy gekoop het, ek dink toe aan my eie garing versameling.....


Baie lekker om nie nodig te he om winkel toe te gaan as ek n garing nodig het nie!!!!! I count myself lucky soos hul sal se ha-ha


Blou bly maar een van my gunsteling kleure en dan natuurlik ook pers


n Baie mooi geseende dag vir almal en onthou, "this is the day that the Lord has made, I will rejoyce and be glad in it"